Marita van Aswegen

Afrikaans Stories

Boeke

Nuwe Boek

Roosville Raaisels 2: Die Hoenders In

Die wêreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele. Dit gaan ’n vreeslike klad op Roosville se naam wees. Wie sal ooit weer die skou wil bywoon? Gelukkig skrop die vier speurders, Karla, Kumiko, Douw en Devan nie doelloos rond nie. Gaan hulle dit regkry om koning te kraai en betyds die diamante te vind?

Roosville Raaisels 1: Die Vlinderdief

Karla is geskok om uit te vind dat iemand die seldsame en waardevolle Blou Morf-vlinders gesteel het uit die Skoenlapperhuis waar haar ma werk – en nou kan haar ma dalk haar werk verloor! Sy besluit saam met haar nuwe vriende Kumiko en die tweeling Douw en Devan om ondersoek in te stel en die skoenlappers te red – en sommer haar ma se werk ook. Die boek (die eerste van ‘n nuwe reeks) is ‘n prettige en avontuurlustige speurverhaal vir jong lesers.

Die idee vir die Vlinderdief het by haar ontstaan toe sy en haar kleinkind binne in ‘n skoenlapperhuis in Amerika gesit en wag het dat ‘n skoenlapper op hulle moet gaan sit.

Die boek het in Februarie 2022 verskyn

Lapa Uitgewers

Jy kan die Vlinderdief in die meeste boekwinkels kry en ook op die internet. Hier is ‘n paar webtuistes waar jy die boek kan bestel:

  1. Lapa Uitgewers
  2. Graffitiboeke
  3. Klaskameraad

2010

Phapo se Geskenk

Phapo is ‘n slim 10 jaar oue meise wat gelukkig is. Maar sy het ‘n groot las wat sy moet dra. Haar geliefde pa is besig om te sterf aan vigs. Terselfder tyd kry al haar skoolmaats kêrels en meisies. Dit is die laaste ding waaraan sy wil dink. Al wat sy wil doen, is om onder haar gunsteling boom te sit en modderkoekies bak en van haar poppe te droom. Toe die seuns in haar begin belangstelling toon, het haar ouma vir haar ‘n baie spesiale geheim vertel. Sy het ‘n kosbare vrug binne haar. En net sy het die mag om daardie vrug te koester of te vernietig.

Die storie is geïnspireer deur kinders wat in landelike gebiede ver afstande na die naaste skool moet loop en dikwels blootgestel is aan persone wat hulle aan te vroeë seksuele aktiwiteite wil blootstel. Phapo is ‘n slim meisiekind wat weet sy het ‘n spesiale vrug in haar wat beskerm moet word. Daarom maak sy goeie keuses.

Knowledge Thirst Publishers

2006

Na die land van melk en McDonald's

Annaret Niemand is ‘n meisie met groot drome. Sy droom van au pair-werk in Amerika, sy droom van ‘n glansryke bestaan verby die grense van die Vrystaatse kleinhoewe waar sy opgegroei het, sy droom van liefde en romanse soos elke tienermeisie. Saam met haar vriendinne, Lerato en Karien jaag sy hierdie drome na, maar word drome altyd waar? En hoe lyk die gras aan die anderkant van die draad regtig? En dan is daar nog Theo, Albert, Mike en Gary? Saam met watter ou gaan sy haar drome bewaarheid?

Sy het self vir 6 weke in Londen gaan au pair om te ervaar hoe dit is. Haar dogter het ook in Amerika gaan au pair en met haar baie gedeel oor wat sy ervaar het. Die storie is uit beide se ervarings met au pair-werk geïnspireer.

Afritude

Kortverhale en Gedigte

Marita van Aswegen skryf ook graag kortverhale en gedigte wat in skoolboeke, bundels en tydskrifte gepubliseer word. Hier is ‘n lys van boeke waarin haar kortverhale en gedigte gepubliseer is.

  1. Ingonyama en ander maats met leeuharte : Best Books
  2.  Die skool vir rampsoedige talente : Lapa (Verskyn in April)
  3. Blinkertjies op pa se baard : Lapa (Verskyn in April)
  1. 2019 – Vonkelverse vir Graad 11, TAT : Best Books.
  2. 2017 – Liedjies vir pikkies en peuters : Tafelberg Uitgewers.
  3. 2015 – Rympies vir pikkies en peuters : Tafelberg Uitgewers.
  4. 2015 – Suid-Afrika, land van son : Pearson.
  1. 2013 – GALOP : Lapa
  2. 2013 – Piekfyn Afrikaans, Leesboek Graad 5 EAT : Best Books.
  3. 2013 – Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 6 Huistaal: Best Books.
  4. 2013 – Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 6 EAT : Best Books.
  5. 2013 – Piekfyn Afrikaans Graad 4 Leesboek  Huistaal : Best Books.
  6. 2013 – Piekfyn Afrikaans Graad 4 Leesboek EAT : Best Books.
  7. 2013 – Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 5 Huistaal: Best Books.
  8. 2013 – Piekfy Afrikaans Leesboek Graad 9 EAT Best Books.
  9. 2012 – English for Life Reader Grade 4 Home Language : Best Books
  10. 2012 – “Eenmaal was daar ‘n goeie man” in Boereoorlogstories 2 : Tafelberg Uitgewers
  11. 2011 – Enchanted Stone – Series: Effortless Reading and Learning Level 1 – 6 : Best Books.
  12. 2011 – Enchanted Stone – Series: Rousing Reading Level 1 – 6 : Best Books.
  13. 2011 – Enchanted stone series: Enchanting Stories Reader Level 1 – 6 : Best Books.
  14. 2011 – “By die robot in Eerstelaan” in Vonk@versel : Best Books.
  1. 2010 – Precious en die asemdief: Pearson
  2. 2010 – Afrikaans sonder Grense EAT Graad 12 : Pearson
  3. 2010 – Afrikaans sonder Grense EAT Graad 11 : Pearson.
  4. 2010 – Afrikaans sonder Grense EAT Graad 10 : Pearson.
  5. 2010 – Piekfyn Afrikaans Graad 6 leerderboek Huistaal : Best Books.
  6. 2009 – Die 2 gedigte “Akkedis” en “Galadoeba” in Nuwe Kinderverseboek : Tafelberg Uitgewers.
  7. 2009 – Kroonsteenreeks: Vlak 1-6.
  8. 2009 – Kroonsteenreeks: Liplekker leesdinge: Vlak 1-6.
  9. 2009 – Kroonsteenreeks: Verse vir lekker lees: Vlak 1 – 6.
  10. 2009 – Kroonsteenreeks: Stories vir lekker lees (Vlak 1 – 6)
  11. 2009 – Kroonsteenreeks: Stories vir lekker lees. Leesboek 2. Vlak 1 Best Books.
  12. 2009 – Kroonsteenreeks: Stories vir lekker lees: Leesboek 2. Best Books.
  13. 2009 – Lempone -‘die mense sien jou’ in Sussie Veer is dood en ander verhale: MML.
  14. 2008 – Kroonsteen reeks. Verse vir lekker lees: Best Books.
  15. 2008 – Modern Graded English Graad 4: Nasou Via Africa.
  16. 2008 – Die gevangene in die derde sel: Hemel & see boeke.
  1. 2007 – Impact(Graad 9): Nasou Via Africa
  2. 2007 – Trefkrag : Nasou Via Africa.
  3. 2006 – Die melkweg het ‘n ster laat val : Human&Rousseau
  4. 2006 – Uit die hart van ‘n vrou : Carpe Diem Media
  5. 2006 – van Spoke gepraat : Tafelberg Uitgewers.
  6. 2005 – Leesfees (Graad 8): MML.
  7. 2005 – Leesfees (Graad 7): MML.
  8. 2004 – Uit die donker na die lig: Cum Boeke.
  9. Opreg uit die hard : Cum Boeke.
  1. 2002 – Dit kom van ver af : Litera.
  2. 2002 – Honderd Dichters: Internasionaal Forum : Leiden.
  3. 2002 – Die Vangs : LITNET Kortverhaal.
  4. 2001 – GELYKOP : LITNET Kortverhaal.
  5. 1999 – Reënboogmense: Hodder & Stoughton.
  6. 1999 – Lugspieëlings: Ravan Press.
  7. 1998 – So op jou gemak: J.P. van der Walt.
  8. 1997 – Akuut/Jaargang 2 nr 1.

Van die boeke waarin Marita van Aswegen se kortverhale en gedigte gepubliseer is.

Biografie

Wie is Marita van Aswegen

Marita van Aswegen is ‘n Vrystaater en ‘n Suid-Afrikaanse skryfer. Sy skryf kinderstories, jeugverhale, sketse, gedigte, kortverhale en vervolgverhale. Sy skryf graag oor dit wat sy daagliks sien en belewe en meng dit dan met magic.