Marita van Aswegen

Marita van Aswegen is ‘n Vrystater en ‘n Suid-Afrikaanse skrywer. Sy skryf kinderstories, jeugverhale, sketse, gedigte, kortverhale en vervolgverhale. Sy skryf graag oor dit wat sy daagliks sien en belewe en meng dit dan met magic.

Nuwe Boek

Roosville Raaisels 2: Die Hoenders In

Die wêreldbekende, jaarlikse hoenderskou in Roosville is ’n groot gebeurtenis. Maar toe twee diamante spoorloos verdwyn, is daar konsternasie. Die diewe voel vere vir mense se waardevolle juwele. Dit gaan ’n vreeslike klad op Roosville se naam wees. Wie sal ooit weer die skou wil bywoon? Gelukkig skrop die vier speurders, Karla, Kumiko, Douw en Devan nie doelloos rond nie. Gaan hulle dit regkry om koning te kraai en betyds die diamante te vind?

Tyd is 'n b**ksem

En ander belaglik lekker tekste

‘n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en oorgelewerde verhale vir die hoërskool.

In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Marita van Aswegen, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard … en nog meer!

Roosville Raaisels 1: Die Vlinderdief

Karla is geskok om uit te vind dat iemand die seldsame en waardevolle Blou Morf-vlinders gesteel het uit die Skoenlapperhuis waar haar ma werk – en nou kan haar ma dalk haar werk verloor! Sy besluit saam met haar nuwe vriende Kumiko en die tweeling Douw en Devan om ondersoek in te stel en die skoenlappers te red – en sommer haar ma se werk ook. Die boek (die eerste van ‘n nuwe reeks) is ‘n prettige en avontuurlustige speurverhaal vir jong lesers.

Nuus

Boeke, Kortverhale en Gedigte

Marita van Aswegen het reeds verskeie boeke, gedigte, sketse, kortverhale en vervolgverhale vir kinders, tieners en volwassenes geskryf. Sy hou die meeste daarvan om stories vir kinders te skryf en haar stories word geïnspireer deur dit wat sy daagliks sien en belewe.

Het jy enige vrae?