|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
KROONSTEEN-LEESREEKS
Best Books se opwindende
nuwe Afrikaanse leesreeks gaan leerders se verbeelding aangryp en hul
vasgenael hou met voortreflike kinderboeke, kortverhale, gedigte, rympies,
dramas, grappies, volksvertellings en nog baie meer.
Bestel by:
TERUGVOER OOR DIE KROONSTEEN-REEKS
Die kaart
van lank gelede Alet Swart en haar ouers trek na die kusdorpie, Kroongolf. Sy ontdek ’n geheime kaart in die nuwe huis. Maar waarheen sal die kaart haar lei? En kan sy vir Vernon vertrou om haar te help? Uitgewer: Best Books ISBN 9781770022720 Die geheim van die kroonsteen
Wie loer die kinders af? Wie is die Dapper Drie? Wat is die kroonsteen en watter geheim is daarin opgesluit?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021860 Die kroon van die aarde
Die nuwe Dapper Drie –
Alet, Vernon en Nathi – moet uitvind waar die skielik aardbewing vandaan
kom wat Kroongolf ruk. Maar dit is glad nie so maklik nie. Een van hulle
moet ’n vriendskap aanknoop met Gideon en Mandla. Uiteindelik wag daar baie gevaar, verraad en spannende oomblikke op die Dapper Drie. Sal Gideon en Mandla die Dapper Drie kan lei na die Aardkroon? Sal die Dapper Drie vir die wrede Walg kan oorwin en die Aardkroon in die hande kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021877
Die kroon van die hemel
Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – ontdek ’n geheimsinnige lugskip teen die hange van Kroonheuwel. Toe hulle ondersoek instel, slaan die lugskip se deure toe en begin dit vanself beweeg. Maar waarheen vat dit hulle? Die wrede Walg wil Kroongolf steeds vernietig. Groot storms bars los oor die kusdorpie.
Sal die Dapper Drie vir Walg kan stop voordat dit te laat is? En sal hulle die Hemelkroon in die hande kan kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021884
Die kroon van die water
Die Dapper Drie se skubaduiklesse vorder uitstekend. Maar dan, een aand, sien hulle iets aardig terwyl hulle die duiktoerusting bęre . . . Die swembad se water skuif weg en ’n opening verskyn op die bodem. Twee duikers klim uit die tonnel onder die swembad. Die Dapper Drie moet ondersoek instel. Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? Maar waarheen sal die tonnel hulle lei? Sal hulle staande bly teen Walg se volgende aanslag? En sal hulle die Waterkroon in die hande kan kry?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021891
Die Dapper Drie – Alet, Vernon en Nathi – moet kopkrap wanneer vreemde goed in Kroongolf gebeur. Juffrou Floors se vinger verander in ’n boorpunt. Vernon se buurman vind ’n nuwe manier om sy gras te sny. En Anila raak weg. Die wrede Walg se finale aanslag teen Kroongolf het begin! Dié slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Dié slag gebruik hy die Mensekroon om Kroongolf te vernietig. Nee wag, Walg se planne het verander. En nou sal dit beslis werk . . . Sal die Dapper Drie staande bly teen die gevaar wat nou dreig? Sal hulle die Mensekroon in die hande kan kry? En sal hulle vir Walg finaal kan oorwin?
Uitgewer: Best Books
ISBN 9781770021907
Stories vir lekker lees
Alle kinders hou van
stories! Veral verhale met spanning en humor is baie gewild. Hierdie 6
boeke voldoen volkome aan hierdie behoefte. Die genres sluit in: avontuur,
wetenskapfiksie, diere, histories, biografies, volksvertellings, mites,
sprokies en legendes.
Daar is selfs ’n kort drama of hoorspel ingesluit in die hoër vlakke. Elke verhaal word toegelig met toepaslike illustrasies en vrae. Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale voorlees.
Stories vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021914 Stories vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021921 Stories vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021938 Stories vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770021945 Stories vir lekker lees Vlak 5 - ISBN 9781770021952 Stories vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770021969
Verse vir lekker lees
Die gradeerde reeks van verse en rympies vul ’n groot leemte in die klaskamer. Best Books publiseer vir die eerste keer 6 versbundels wat hierdie behoefte aanspreek. Leerders kan kennismaak met Philip de Vos se prettige verse, of hulle verdiep in gedigte soos Ingrid Jonker se “Kabouterliefde”, I.D. du Plessis se “Kaapse Kossies”, A.B. Bruintjies se “Tjoe-tjoe” en “Die mot en die kers” van C.J. Langenhoven. Daar is selfs ’n paar grillerige gedigte soos A.G. Visser se “Die ruiter van Skimmelperdpan” en Antjie Krog se “Spoke”.
Die Onderwysersgids bevat ’n CD waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verse voorlees.
Verse vir lekker lees Vlak 1 - ISBN 9781770021976 Verse vir lekker lees Vlak 2 - ISBN 9781770021983 Verse vir lekker lees Vlak 3 - ISBN 9781770021990 Verse vir lekker lees Vlak 4 - ISBN 9781770022003 Verse vir lekker lees Vlak 5 -ISBN 9781770022010 Verse vir lekker lees Vlak 6 - ISBN 9781770022027
Liplekker leesdinge
Best Books lewer weereens baanbrekerswerk deur 6 boeke propvol kommunikatiewe/funksionele tekste soos kort verslae, e-posse, SMS’e, kennisgewings, boodskappe, pamflette, poskaarte, briewe en telefoongesprekke aan te bied. Die liplekkler leesboeke bevat ook transaksionele tekste soos berigte, artikels, dialoë, gesprekke, onderhoude en resensies.
Liplekker leesdinge Vlak 1 - ISBN 9781770022034 Liplekker leesdinge Vlak 2 - ISBN 9781770022041 Liplekker leesdinge Vlak 3 - ISBN 9781770022058 Liplekker leesdinge Vlak 4 - ISBN 9781770022065 Liplekker leesdinge Vlak 5 - ISBN 9781770022072
Liplekker leesdinge Vlak
6 - ISBN 9781770022089
Lekker lees en leer
Nog ’n vernuwende stel van 6 boeke gaan leerders aan die lees en leer kry. Hierdie boeke konsentreer op visuele en grafiese tekste soos grapprente, strokies, illustrasies, eenvoudige diagramme, tabelle, kaarte, eenvoudige grafieke (soos skaal- en staafgrafieke), roosters, simbole, vertellings, beskrywings, tydlyne en woordspeletjies.
Lekker lees en leer Vlak 1 - ISBN 9781770022096 Lekker lees en leer Vlak 2 - ISBN 9781770022102 Lekker lees en leer Vlak 3 - ISBN 9781770022119 Lekker lees en leer Vlak 4 - ISBN 9781770022126 Lekker lees en leer Vlak 5 - ISBN 9781770022133 Lekker lees en leer Vlak 6 - ISBN 9781770022140
Onderwysersgids
Die Kroonsteen-leesreeks beskik ook oor ’n omvattende onderwysersgids. Alle antwoorde vir die lees- en leeroefeninge van al 30 Kroonsteen-boeke is vervat in die gids. Addisionele agtergrondinligting oor die verskillende tekssoorte maak ook deel uit van die gids, byvoorbeeld: Wat is die eienskappe van legendes? Hierdie handige inligting sal onderwysers se werk verminder en sorg vir gestandardiseerde leesonderrig in skole. Bonus: Die Onderwysersgids bevat 2 CD’s waarop bekende stemkunstenaars soos Lucas Maree, Magda van Biljon, Lochner de Kock, Zack du Plessis en ander van die verhale en verse voorlees.
Bestel die hele Kroonsteen-reeks teen R1669.45
ISBN: 9781770022737
Bestel by:
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Al hierdie boeke is goedgekeur vir voorgeskrewe lyste vir skole. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||