|
|
![]() |
|||
|
KIESLYS |
|
|||
|
BIOGRAFIE Marita van Aswegen is gebore in die omgewing van Nylstroom en gaan skool in Fouriesburg en Hobhouse, sy matrikuleer te Hoërskool Clocolan. Sy behaal die graad B.Soc.Sc aan die Vrystaatse Universiteit en trou in 1973 met ‘n boer. Sy bly reeds meer as 30 jaar op ‘n plaas buitekant Bloemfontein. In 1981 behaal sy die graad BA by Unisa (Afr/Ned en Kommunikasiekunde) . Sy is 'n deeltydse maatskaplike werker
.
|
|
PRECIOUS EN DIE ASEMDIEF
Precious woon saam met
Papa. Die asemdief besoek hulle onverwags en Precious se lewe verander
handomkeer. Sy moet nou na die ander kant van die stad trek en by die nuwe
jeugsorgsentrum aanpas.
|
||
| JEUGBOEKE | ||||
| RESENSIES | ||||
|
SKAKELS |
Skryfrekord: Vele Afrikaanse jeugboeke is al uit haar pen gebore waarvan meeste in Suid-Sotho en/of Engels vertaal is. 'n Hele aantal kortverhale is ook in bundels gepubliseer. Marita het reeds verskeie sketse vir die radio, kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte, artikels en humoristiese sketse vir tydskrifte gedoen. Die tydskrifte waarin werke verskyn het is: Vervolgverhale in DIE LANDBOUWEEKBLAD: bv. Tango in Londen. Kortverhale in Finesse: Bv. Die Parfuumverkoper. In die Sarie en Rooi Rose het ook enkele stories verskyn. Heelwat artikels vir Finesse gedoen, met persone soos Vader Claerhout, Ryk Neethling, Winkie Direko, San-Marie Cronje (Hansie Cronje se ma), ens. Sy doen van tyd tot tyd boekresensies vir DIE VOLKSBLAD. IETS OOR MY SKRYFWERK: Ek skryf omdat ek daarvan hou. Ek skryf graag oor dit wat ek daagliks sien en belewe en meng dit dan met magic. Mense, veral kinders, fassineer my. Ek glo aan mense se vermoëns om op te staan en die lewe in die gesig te kyk. Ek is in ‘n wêreld waar kinders misbruik word, waar hulle min het. Tog het hierdie kinders eienskappe wat my aangryp. Ek skryf vanuit die landelike, verarmde omgewing waarin ek bly en vanuit my agtergrond as maatskaplike werker wat deel van my toerusting is. As ‘n mens op ‘n Vrystaatse plaas met sy baie droogtes bly, kry jy nie baie kans om die werklikheid te ontvlug nie. Dit is om jou - jy moet dit daagliks hanteer. Daarom het my stories baie keer ‘n groot stuk werklikheid in. My boeke het al ‘n tuiste in verskeie lande gevind en sodoende kan die res van die wêreld ook deel aan my eg Suid-Afrikaanse stories.
|
Uitgegee deur Maskew Miller Longman PHAPO SE GESKENK
Die tienjarige Phapo is slim, mooi en gelukkig. Sy dra egter ’n swaar las: haar pa, vir wie sy baie lief is, is besig om te sterf aan Vigs. Wanneer ’n seun vir haar begin ogies maak, vertel haar ouma vir haar ’n spesiale geheim: Phapo het ’n kosbare, perfekte vrug in haar. Sy alleen kan die vrug oppas of vernietig.
Phapo se Geskenk
• het dosyne pragtige
illustrasies
Uitgegee deur Knowledge Thirst Media in Afrikaans, Engels en Sotho. KROONSTEEN-LEESREEKS
Die Kroonsteen-reeks is
’n gradeerde leesreeks vir die Inter Die beste Suid-Afrikaanse skrywers se werk word verteenwoordig in die reeks van 30 boeke. |
||
| LITNET | ||||
| STORIEWERF | ||||
|
BESTEL BOEKE |
||||
| KALAHARI.NET | ||||
| ONTHEDOT.CO.ZA | ||||
| MML.CO.ZA | ||||
|
|
||||